Die Bonnievale- Blue Birds-rugbyklub het Saterdag (26 November) sy halfeind- top-14-wedstryd teen Riebeeck United op die Boland-stadion gewen en sy plekkie in die Top-14-eindstryd, wat op 3 Desember in Wellington beslis word, verseker. Blue Birds het die wedstryd met ’n eindtelling van 43-28 gewen. Die Blue Birds het die hele 2022-seisoen slegs twee wedstryde verloor. Eerskomende naweek sal hy in die eindstryd teen Riviersonderend-rugbyklub kragte meet. Wie sal die 2022-kampioen in die Top-14-streekuitdaagliga wees? Foto regs: Ernest Kilowan