Die Weskus-netbalfederasie het die afgelope naweek weer opspraak gemaak toe hy beloon is met ses uit die 15 pryse tydens die Weskus-distrik-sportfederasie se glansgeleentheid in Saldanha.
Die Weskus-netbalfederasie het met die volgende pryse weggeloop:. Sportgemeenskapsbouer van die jaar: Nadene Scherman (Malmesbury-netbalklub). Vrywilliger van die jaar: Inge Theron (Velddrif-netbalklub). Erkenning van tegniese uitnemendheid: Brandon Brand (Velddrif-netbalklub). Span van die jaar: Weskus-netbal se A-span. Afrigter van die jaar: Suzette Visser (Darling-netbalklub). Federasie van die jaar: Weskus-netbalfederasie.
Die Weskus-netbalfederasie wil alle klubs wat by Weskus Netbal betrokke is, bedank vir hul volgehoue ondersteuning aan die federasie en sien uit na ’n goeie netbalseisoen, wat in Mei 2022 begin.
Alle nuwe belangstellende klubs kan Inge Theron by 078 893 0747 kontak om deel van die federasie te word.
Die federasie doen ook ’n beroep op alle klubs, sakeondernemings en die publiek om sy geldinsamelingsprojek te steun waar ’n Volkswagen Vivo en ander troospryse te wen is om geld vir die spanne wat in komende toernooie gaan deelneem, in te samel.
Die trekking sal op 31 Maart plaasvind.. Kontak Theron (078 893 0747) of Visser (083 260 1843) vir kaartjies.