Die Weskus A-netbalspan wat die Weskus in Desember by die SPAR nasionale netbalkampioenskappe sal verteenwoordig.


Die Weskus-netbalfederasie het ’n bedrywige maand gehad.

Dié federasie het Saterdag 6 November sy jaarlikse vergadering in Moorreesburg gehou en ook sy nuwe bestuur vir die volgende twee jaar gekies.

Die bestuur is Aliche Schentler (sekretaresse), Suzette Visser (afrigterskoördineerder), Madelein Horn (voorsitter), Hanchen Mouton (tesourier), Chantal Swartz (afbakeningsbeampte), Brandon Brand (skeidsregter-sameroeper), Herlouise Skippers (NSA-administrateur), Inge Theron (wedstrydsekretaresse) en Nadene Scherman (ondervoorsitter).

Benewens die jaarvergadering het die Weskus-netbalfederasie ook vanaf 19 tot 21 November in samewerking met die Weskus Distrik Sport Akademie hul oefenkamp gehou in Saldanha vir die Weskus A-span wat vanaf 5 tot 11 Desember 2021 Weskus gaan verteenwoordig by die SPAR nasionale netbalkampioenskappe. Die afrigters, Suzette Visser en Inge Theron in samewerking met DCAS-beampte Melissa Vraagom het die kamp aangebied. Daar was ook verskeie rolspelers betrokke waaronder ’n sportdieetkundige, sportsielkundige, Heyno Kraft Biokinetics van Saldana en afrigter, Marchelle Maroun, wat ’n bydrae gemaak het tot ’n suksesvolle oefenkamp vir die speler ter voorbereiding van die komende kampioenskappe in Desember.

Indien enige nuwe klub in 2022 wil betrokke raak by Weskus-netbalfederasie kan hulle vir Madelein Horn by 072 601 0994) of Chantal Swartz by 066 207 3389 kontak vir meer inligting.

Weskus-bestuurspan

Die bestuur is Aliche Schentler (sekretaresse), Suzette Visser (afrigters konvenor), Madelein Horn (voorsitter), Hanchen Mouton (tesourier), Chantal Swartz (afbakening/struktuur beampte), Brandon Brand (skeidsregter konvenor), (voor) Herlouise Skippers (NSA-administrateur) en Inge Theron (wedstrydsekretaresse). Afwesig: Nadene Scherman (ondervoorsitter/keurder-konvenor) en Shawn Langley (bemarkingsbeampte)

You need to be Logged In to leave a comment.