Die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) se bloedvoorraad is kritiek laag en mense word versoek om dringend te gaan bloed skenk.
Volgens die WKB heers ’n kritieke tekort aan bloed van verskillende bloedgroepe, en vir die O-groep het die WKB net een dag se voorraad oor; vir A- en B-groepe het hy slegs twee dae se voorraad. . Besoek die webblad www.wcbs.org.za om jou naaste bloedskenklokaal te vind.