Anemari Jansen se boek: Eugene De Kock, Sluipmoordenaar van die Staat en Helene de Kock se boek: Debora en Seuns.

Eugene de Kock het die bloed van tientalle mense aan sy hande. Vir die meeste Suid-Afrikaners is hy die “monster” van Vlakplaas. Tog was Anemari Jansen, die skrywer van haar boek: Eugene de Kock, Sluipmoordenaar van die Staat, gefassineer toe sy hom ontmoet.

Jansen se soeke na antwoorde het haar na die uithoeke van die land geneem, na De Kock se familie, vriende en ou-Koevoet-Vlakplaaskollegas, wat talle ontboesemings gemaak het.

Die boek skep ’n prentjie van ’n intelligente, komplekse mens en belig nie net sy keuses nie, maar ook die Suid-Afrikaanse onlangse verlede op ’n openbarende, soms skokkende manier.

Belangstellendes wat graag Eugene de Kock se verhaal wil lees, kan die woord BOEKE sms, gevolg deur die sleutelwoorde NIEFIKSIE, jou naam en van na 37173 (sms kos R1,50).

) Debora en haar gesin daag een nag uit die bloute op en maak opslae op die dorp. Die dorpenaars begryp hulle nie, want hulle hou hul eenkant, maar Debora-hulle is die mense op wie Margot Scott so lank gewag het. Die liefde dryf Margot die Tweede Wêreld Oorlog in . . . dit kan haar lewe kos. As jy meer wil hoor van Debora en haar gesin en Margot wat ’n groot sprong gewaag het, sms BOEKE, gevolg deur die sleutelwoorde FIKSIE, jou naam en van na 37173. Inskrywings sluit 19 Mei

You need to be Logged In to leave a comment.