Wen een van vyf dubbelkaartjies na die kykNET Musiek Bakgat Country Opskop 31 Mei.
Liefhebbers van country-musiek kan uitsien na een van die jaar se groot hoogtepunte wanneer Christo Booyens van Bakgat Promosies, die kykNET Musiek Bakgat Country Opskop aanbied. Elf van die land se beste country-kunstenaars gaan Sondag 15:00 in die Grand Arena by Grand West optree.
Sms “opskop” gevolg deur jou naam en nommer na 37173 (R1,50 per sms) om in aanmerking vir die kaartjies te kom. Kaartjies kos R120 en R160. Kaartjies is ook te koop by Computicket