Wen kaartjies na die sirkus

MALMESBURY – Die McLaren Sirkus,wat in die verlede ook al ’n draai op Malmesbury kom maak het, gaan plaaslike besoekers vanjaar weer vermaak. Die sirkus vier vanjaar hul 10de bestaansjaar en beloof om ’n onvergeetlike en splinternuwe vertoning te wees. Gelukkige lesers staan die kans om een van vyf dubbelkaartjies te wen om hul vertoning…


Die McLaren Sirkus vier vanjaar sy 10de bestaansjaar en is hierdie week op Malmesbury.

MALMESBURY – Die McLaren Sirkus,wat in die verlede ook al ’n draai op Malmesbury kom maak het, gaan plaaslike besoekers vanjaar weer vermaak.

Die sirkus vier vanjaar hul 10de bestaansjaar en beloof om ’n onvergeetlike en splinternuwe vertoning te wees.

Gelukkige lesers staan die kans om een van vyf dubbelkaartjies te wen om hul vertoning om 19:30 op 7 Mei te aanskou.

Sms die woord SIRKUS, jou naam en van na die Gazette se sms-kompetisielyn 37173 (R1,50 per sms) vir ’n kans om kaartjies te wen. Die wenners sal op 6 Mei in kennis gestel word, daarom moet julle vinnig spring indien julle sirkus toe wil gaan. Vir meer inligting kan ’n e-pos na info@mclarencirus.co.za gestuur word. Kaartjies beloop tussen R80 en R130. Bespreek kaartjies by bookings@mclarencircus.co.za

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.