Wees versigtig by water

Elke jaar verdrink daar ongeveer 2?000 mense in Suid-Afrika, waarvan 600 kinders is.



Elke jaar verdrink daar ongeveer 2 000 mense in Suid-Afrika, waarvan 600 kinders is.

Met skole wat nog nie oopgemaak het nie en kinders wat dus tans tuis is weens die Covid-19-pandemie het die nasionale seereddingsinstituut (NSRI) dit goed gevind om die volgende paar wenke met ouers te deel om hul kinders se veiligheid te verseker:

  •  Leer kinders van kleins af om nooit alleen te gaan swem nie en moet nooit jou kinders alleen by water los nie;
  • Wees altyd ’n armlengte weg van kinders sodat jy vinnig kan reageer indien nodig;
  • Wees waaksaam by die huis as daar emmers water is waar wasgoed gewas word (kinders kan in vlak water verdrink);
  • Maak hulle bewus van die gevare rondom die huis soos visdammetjies, fonteine, toilette, slote en groot waterbakke van honde;
  • Maak seker jou kind het nie toegang tot die swembad as daar ’n swembad by die huis is nie;
  • Ouers – alkohol en swem is ook ’n groot nee. Moet nooit alkohol gebruik en dan gaan swem nie; en
  • Memoriseer die noodnommer 112 en leer kardiopulmonêre resussitasie (KPR).

“Geniet die water, maar onthou om baie versigtig te wees naby water, want dit kan verrykende gevolge hê,” waarsku Petro Meyer van die NSRI.

“Ons kinders is kosbaar.”

Meyer werk in die Swartland- en Weskus-omgewing en bied werksessies aan by skole en instansies. Enigiemand wat belangstel in ’n gratis werksessie, kan Meyer bel by 082 537 3909 of ’n e-pos stuur na petro@searescue.org.za.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.