WDM kry pluimpie

Die Weskus-distriksmunisipaliteit het erkenning gekry vir sy uitstekende werk in die implementering van 20 uitgebreide openbare werke-projekte (EPWP) vir die tydperk tussen 1 April 2020 en 31 Maart 2021.


Die Weskus-distriksmunisipaliteit het erkenning gekry vir sy uitstekende werk in die implementering van 20 uitgebreide openbare werke-projekte (EPWP) vir die tydperk tussen 1 April 2020 en 31 Maart 2021.

Hierdie projekte, wat aanvullend is tot die Weskus-distriksmunisipaliteit se geïntegreerde kusbestuursplan, het 138 werksgeleenthede vir mense in die streek geskep. Van die fokusgebiede het die skoonmaak van strande en riviermondings, verwydering van dooie seelewe, indringerplantbeheer, onlangse hulpverlening tydens rooigety en bystand tydens die uitbreek van voëlgriep in die streek ingesluit.

Die Weskus-distriksmunisipaliteit se omgewingsbestuurafdeling is tydens ’n besoek van die oorsigkomitee van Nedlac vir sy uitmuntende werk geprys.

Buiten dat hierdie projekte uitvoering gee aan die uitkoms van die Weskus se kusbestuursplan, word ander aspekte van hierdie projekte die hoof gebied.

“Hierdie projekte verminder werkloosheid, dra by tot vaardigheidsontwikkeling en bewerkstellig die groei van plaaslike ekonomiese ontwikkeling,” het Charles Malherbe, omgewingsbestuursbeampte van die Weskus-distriksmunisipaliteit, gesê.

Die distriksmunisipaliteit se visie is om meer van hierdie projekte in die streek aan te pak sodat die omgewing en die publiek verder by hierdie inisiatiewe kan baat vind.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.