Met die aanloop tot winter, lyk die watervlak van plaaslike damme in die provinsie steeds bevredigend. Hoewel enkele damme ’n redelike daling of styging getoon het teen dieselfde tydperk verlede jaar, het die meeste geen drastiese verskil getoon nie. Die gemiddelde watervlak van damme in die Wes-Kaap het teen Donderdag 28 April op 67,1% gestaan teenoor 69,1% dieselfde tydperk laas jaar (gemeet 25 April 2021). Teen einde Julie 2021 (winter) het die gemiddelde watervlak van damme in die provinsie gestyg tot 97,3%. Die huidige stand van damme in die Wes-Kaap vergelyk soos volg met dieselfde tydperk verlede jaar: Voëlvleidam (foto) 60,1% (2021: 62,6%)