MONTAGU – ’n Boer is Sondag 22 Januarie vanjaar op sy plaas in die Montagu-omgewing aangeval. Dit het onlangs aan die lig gekom dat ene Mafole James Kolosoa moontlik die polisie met hul ondersoek na die voorval kan help. Hy beskik moontlik oor inligting wat vir die polisie van nut kan wees. Enigiemand wat weet waar Kolosoa hom bevind, word versoek om die ondersoekbeampte, speur-AO Frikkie Conradie, by 079 894 1784 te bel. Inligting sal vertroulik hanteer word.