Vroue ruk kalm op oor verkragting en borgtog

Vroue uit die Ilingelethu-woongebied het as gevolg van die hoë aantal verkragtings in die gemeenskap gevoel hulle wil hul stemme laat hoor.


Vroue uit die Ilingelethu-woongebied het as gevolg van die hoë aantal verkragtings in die gemeenskap gevoel hulle wil hul stemme laat hoor.

Die vroue het voorverlede week ’n optog deur die strate van Malmesbury onderweg na die landdroshof gelei waar ’n petisie aan die hofbestuurder oorhandig is om nie verdagtes in geslagsgeweld-sake op borgtog vry te laat nie.

Volgens sers. Henry du Rand, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, het dié petisie hulle ook aangemoedig om hul ondersoek met betrekking tot voortslepende ondersoeke te versterk.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.