’n Vrou (49) van Yzerfontein is laat Sondagoggend (30 Januarie) dood ná ’n grubotsing tussen haar motor en ’n gastenkwa. Volgens die polisie het die botsing omstreeks 11:30 sowat 1 km van die Yzerfontein-kruising in die rigting van Kaapstad gebeur. Getuies beweer die motor het in die aankomende baan voor die tenkwa beland. Die bestuurder van die tenkwa het glo probeer om ’n botsing te vermy, maar dit was tevergeefs. Die vrou is op die toneel dood. Sy was alleen in die motor. Die bestuurder van die tenkwa is nie beseer nie. ’n Saak van strafbare manslag word deur die Darling-polisie ondersoek.


Vrou sterf toe motor voor vragmotor beland

You need to be Logged In to leave a comment.