Vra hulp met 2023- aanlyn aansoeke

Ouers of voogde wat nie aanlyn vir die 2023-skooltoelatings kan aansoek doen nie, word aangemoedig om hul onderwysdistrikskantoor om bystand te nader.


Ouers of voogde wat nie aanlyn vir die 2023-skooltoelatings kan aansoek doen nie, word aangemoedig om hul onderwysdistrikskantoor om bystand te nader.

Aanlyn registrasie vir leerders wat volgende jaar in graad R, graad 1 en graad 8 is, sal om middernag op 15 April sluit. Aangesien talle ouers en voogde nie tegnologies toegerus is om aanlyn registrasies te doen nie, is distrikskantore aangesê om hiermee te help, sê Bronagh Hammond, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD).

Skole in die Langeberg val onder die Eden- en Sentraal Karoo-onderwysdistrik.

Mense wat bystand benodig, kan die kantoor van Jewel Jonkers, die distrik se WKOD-direkteur, kontak deur haar assistent Hercheline Baatjies by 044 803 8300 te bel.

“Ons moedig egter soveel ouers as moontlik aan om aanlyn aansoek te doen,” sê Hammond.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.