Volgepakte program by McGregor se gedigtefees

Maak seker jy bespreek nou reeds jou kaartjies vir die McGregor Gedigtefees wat van 27-30 Augustus sal plaasvind. Die fees, waarvan hierdie jaar se tema Groeiseisoen van Poësie is, word vanjaar oor vier dae aangebied en beloof om weer ’n gesellige eg plattelandse kuierfees te wees, deur strate, op sypaadjies, klein intieme teaters, restaurante, kuierplekke,…


Maak seker jy bespreek nou reeds jou kaartjies vir die McGregor Gedigtefees wat van 27-30 Augustus sal plaasvind.

Die fees, waarvan hierdie jaar se tema Groeiseisoen van Poësie is, word vanjaar oor vier dae aangebied en beloof om weer ’n gesellige eg plattelandse kuierfees te wees, deur strate, op sypaadjies, klein intieme teaters, restaurante, kuierplekke, huise, amfiteaters en ander interessante venues.

Die volgepakte program sluit onder meer in voorlesings en voordrag deur van Suid-Afrika se bekendste digters, asook nuwe, jong en opkomende talent, aanbiedings aan hoër- en laerskoolleerders, Oopmond Bekgevegte (maak jou eie verse), Oop Mikrofoonsessies, straatmusikante en -digters, filmvertonings, musiek, dansvertonings en kunsuitstallings. Vir navrae, bel die feesorganiseerder, Jennifer Johnson, by 023 625 1908 of 084 675 1164 of stuur ’n e-pos na info@mcgregorpoetryfestival.co.za

Vir meer inligting oor wat alles by die fees te sien gaan wees, besoek www.mcgregorpoetryfestival.co.za. Kaartjies is by by Computicket beskikbaar. Akkommodasie-navrae kan aan McGregor Toerisme by info@tourismmcgregor.co.za of 023 625 1954 gerig word

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.