Virus hou Comrades-atlete nie terug

Hercu Hofmeyr en Pieter Hanekom, langafstandatlete van Malmesbury, het Sondag 14 Junie 21 km gehardloop as deel van die virtuele wedloop wat die Comrades-komitee in Mei bekend gestel het.



Hercu Hofmeyr en Pieter Hanekom, langafstandatlete van Malmesbury, het Sondag 14 Junie 21 km gehardloop as deel van die virtuele wedloop wat die Comrades-komitee in Mei bekend gestel het.

Nadat hierdie ultramarathon weens die koronavirus afgestel is, het virtuele deelname die teleurstelling vir baie atlete versag.

Atlete wat Sondag virtueel wou deelneem, kon kies uit afstande wat op eie bodem gehardloop word – pretdraf (5 km, 10 km), 21 km, die halwe Comrades (45 km) of die hele Comrades vir die dapperes.

Deelnemers kon met fiksheidsapps soos Garmin en Strava hul tye invoer op hul aanlyn Comrades-hardlopersprofiel en hul tye só vergelyk met bekende legendariese marathonatlete.

Medaljes in verskillende kleure asook ’n aanlyn sertifikaat het hul deelname bevestig.

Hercu sou Sondag sy 39ste Comrades hardloop – in ’n afwedloop tussen Pietermaritzburg en Durban. Toe dié wedloop eers uit- en later afgestel is, was drawwers uiteraard baie terneergedruk.

Pieter sou sy 29ste Comrades hardloop. “Alle atlete was maar in dieselfde bootjie toe ons hoor dis afgestel. ’n Mens berei jou die hele jaar voor vir hierdie groot wedloop, jy pas jouself op om nie siek te word nie, jy bespreek jou vliegtuigkaartjie betyds . . .

“Maar dit help nie om heeltyd daarop te fokus nie. Ons werk nou aan ons fiksheid vir 2021!” 
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.