StarCool is ’n hoë-prestasie enjinverkoelervloeistof wat ontwerp is om optimale perdekrag uit ’n voertuig te kry. Hierdie hoë werkverrigtings- verkoelervloeistof sal die voertuig se enjinlewe beskerm en verleng.
Ondergehalte verkoelervloeistof is ’n groot rede vir meer as 49% van alle enjinverkoeler-probleme.
Die werklading op vragmotors se enjins is groot en die onderhoud op verkoelerstelsels word dikwels onderskat in die sin dat vlooteienaars dalk onder die indruk verkeer dat ’n blote aanvulling van verkoelervloeistof voldoende sal wees.
Die realiteit is dat probleme ontstaan met substandaard kwaliteit van vloeistof.
Die verkoeler is die belangrikste komponent van die verkoelerstelsel van ’n voertuig en word alleenlik optimaal benut wanneer dit nie deur ’n dik neerslag en/of roes geraak word nie. Ander konvensionele verkoelerstowwe herlei hitte vinniger wanneer die voertuig aangeskakel is en konvensionele water verkoelingsvloeistowwe bereik kookpunt by 108 °C.
StarCool verkoelingsvloeistowwe funksioneer optimaal teen die hoë temperature van ’n voertuig se enjin deur te sorg dat die enjin teen ’n konstante temperatuur funksioneer en hitte vinniger te herlei.
StarCool verminder dus slytasie op die enjin se verkoelerstelsel aansienlik.
StarCool verhoed die oorverhitting van water in die enjin. Die enjin word sodoende beskerm in hoë werkspanningsituasies om optimale en doeltreffende beskerming van die enjin se verkoelerstelsel te verseker