Verhouding met God (4)

As daar nie na ’n oorgawe-gebed ’n spontane verhouding met die Here ontwikkel het nie, moet ’n mens dit betwyfel of wedergeboorte ooit ingewerk het. Johannes die Doper het vir die Fariseërs gesê (Mat 3:8): “Dra dan vrugte wat by die bekering pas.” Daardeur sê Johannes die Doper eintlik: “Daar het nog niks in julle…


As daar nie na ’n oorgawe-gebed ’n spontane verhouding met die Here ontwikkel het nie, moet ’n mens dit betwyfel of wedergeboorte ooit ingewerk het.

Johannes die Doper het vir die Fariseërs gesê (Mat 3:8): “Dra dan vrugte wat by die bekering pas.” Daardeur sê Johannes die Doper eintlik: “Daar het nog niks in julle harte gebeur nie en daarom dra julle geen vrugte wat by die bekering pas nie.”

Dit is elke keer net verstommend om te sien as daar lewe is, is daar ook groei. Hoe dikwels sien ons nie in die natuur ’n saadjie wat op die onmoontlikste plek ontkiem en groei nie.

Daar het ’n grassaadjie onder die kerk se parkee area se harde oppervlak opgekom, en dit groei jou waarlik daar en lig selfs die teer op!

Wanneer egte wedergeboorte plaasgevind het, het ek gesien hoe mense onder die haglikste omstandighede in verhouding met God groei en ontwikkel. Niks stuit of keer hulle nie. Hulle styg uit bo hulle omstandighede en is soos Fil. 2:15 sê: “Kinders van God sonder gebrek te midde van ’n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.