’n Groep veteraan-veerpyltjiespelers het die eerste keer in amper drie dekades weer saam gekuier. Hulle was almal deel van die ou Noord-Boland-veerpyltjiespan en was laas in 1992 bymekaar. Hulle het almal aan die einde van verlede maand weer saamgekuier op die plaas by Elsabé en Hennie Visser en ’n braai geniet. Agter, van links, staan Francois Conradie, Bennie Geldenhuys, Hennie Visser, Hennie Boshoff, Johan Botha en Ray Kirby. Voor: Pierre van Der Westhuizen, Daantjie Rossouw, Frikkie Kriel (Bakgat) en Koos Swart.