Op 17 Julie is ’n vakansiedagprogram gehou met ongeveer 100 kinders van die Bereaville-gemeenskap, in samewerking met die Vroue-netwerk wat tans besig is om in die gemeenskap vorm aan te neem.

Verskeie aktiwiteite is met die kinders gedoen. Bal is gespeel, daar was ’n leeshoekie, musiekhoek en inkleurhoek en daar is geklim en baljaar.

Ses lede van die Vroue-netwerk het op die dag gehelp met toesig hou sowel as met aktiwiteite.

Graag bedank ons die Rooi Kruis vir die pot sop, die Tuck Shops vir hul aartappelskyfies as donasies vir die dag. Die kinders het die dag omtrent geniet.

Dié vakansie- dag is beplan deur die Gemeenskapsontwikklingswerker en Bereaville Vroue-netwerk. Dankie aan almal wat betrokke was.

Die dag is ordentlik afgeskop met ’n kreet vir Madiba

You need to be Logged In to leave a comment.