US-navorser veg saam teen Covid-19

’n Doktorale kandidaat van die Universiteit Stellenbosch (US), Caroline Pule, het by die voorste linies in die stryd teen die Covid-19-virus – wat reeds meer as 715 000 mense wêreldwyd aangetas en die dood van meer as 30 000 mense veroorsaak het – aangesluit.



‘n Doktorale
kandidaat van die Universiteit Stellenbosch (US), Caroline Pule, het by die
voorste linies in die stryd teen die koronavirus, wat reeds meer as 715 000
mense wêreldwyd aangetas en die dood van meer as 30 000 mense veroorsaak het, aangesluit.

Sy het
onlangs as ‘n vrywilliger by die CrowdFight Covid-19-inisiatief in Suid-Afrika
aangesluit. Dit is ‘n wêreldwye organisasie wat vrywilliger-wetenskaplikes van
verskillende lande in staat stel om saam te werk deur te help waar hulle kan in
hul onderskeie vakgebiede om die stryd teen die Covid-19-pandemie te
ondersteun.

“Wat hierdie
Covid-19-pandemie besig is om te doen, het my baie diep geraak en ek kon nie
anders as om van droefheid te huil nie. My passie vir wêreldgesondheid, mediese
navorsing en om te verseker dat ons ‘n siektevrye land het, het my aangespoor
om na vore te kom en op enige moontlike manier by te dra om die uitwerking van
Covid-19 te verminder.”

Caroline sê
dit het vir haar as ‘n mediese wetenskaplike met ‘n agtergrond in
middelweerstandige tuberkulose (TB) – een van die dodelikste oordraagbare
siektes – en omdat sy in verskeie gesondheids- en wetenskaplike organisasies
dien, sin gemaak om iets te doen, selfs al was dit net om haarself bereidwillig
te verklaar om as vrywilliger ons land en die wêreld in die stryd teen Covid-19
te help.

In haar
normale lewe sit Caroline op verskeie stoele – nie net in die laboratorium nie.
Sy is nie net ‘n TB-navorser by die afdeling vir molekulêre biologie en menslike genetika by die US se fakulteit geneeskunde en gesondheidswetenskappe nie, maar
deel ook deur uitreikprogramme haar passie vir die wetenskap met die jeug. Sy
is ook die ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse nasionale tak van die
Organisasie vir Vroue in Wetenskap vir die ontwikkelende wêreld (OWSD SANC). Sy
is ook die stigter van die Caroline Pule wetenskap- en geletterdheidstigting
(CPSLF) wat verskeie inisiatiewe, insluitende boekskenkings, wetenskapklubs, ‘n veldtog vir geletterdheidsentrums en ‘n mentorprogram, bedryf. 

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.