Vier van Hoërskool Bonnievale se leerders is as lede van die Boland-tweekampspan, wat aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap gaan deelneem, gekies. Renso de Wet (gr. 7) staan voor met Jonathan Davids, Roelof-Willem van der Merwe en John-Ree Tamboer, almal gr. 12-leerders, agter. “Ek is baie opgewonde om deel te neem, veral omdat dit die eerste keer is dat ek aan die SA kampioenskap deelneem,” sê Jonathan. Die kampioenskap word op 2 April in Gqeberha beslis. Foto: Heinrich Wentzel