Jani Visagie (o.17-meisies) en Arden Kotze (o. 17-seuns), leerders van die Hoërskool Swartland, is verlede week in die Boland A-span vir tweekamp opgeneem nadat hulle op 7 Desember aan die sesde tweekamp-Boland-ligabyeenkoms vir die 2024-’25-seisoen in Bonnievale deelgeneem het.
Jani en Arden sal op 1 Februarie 2025 aan die interprovinsiale toernooi in Oudtshoorn deelneem, waartydens kragte gemeet sal word met WP, OP, Eden en Grens.