Twee vasgetrek vir huisbraak

Twee vermeende inbrekers is deur polisiebeamptes van Malmesbury se misdaadvoorkomingseenheid gevang toe hulle en nog ’n makker ná ’n inbraak uit ’n huis in Wesbank gevlug het.


Twee vermeende inbrekers is deur polisiebeamptes van Malmesbury se misdaadvoorkomingseenheid gevang toe hulle en nog ’n makker ná ’n inbraak uit ’n huis in Wesbank gevlug het.

Volgens sers. Henry du Randt, plaaslike polisiewoordvoerder was polisiebeamptes Donderdag 28 April besig met patrollie in die gebied toe hulle die drie verdagtes uit ’n huis sien hardloop.

Hulle het die voertuig waarin die verdagtes probeer vlug het agterna gesit en na ’n jaagtog daarin geslaag om die verdagte motor naby ’n skool af te trek.

Twee verdagtes, onderskeidelik 27 en 32 jaar oud, is op die toneel in hegtenis geneem maar die derde verdagte het die polisie ontduik.

’n Verskeidenheid vermoedelik gesteelde artikels is in die motor gevind. Dit sluit onder meer in vleis- en ander kosprodukte wat in die huis se vrieskas gestoor was asook juweliersware.

Die verdagtes verskyn vandag (3 Mei) in die Malmesbury-landdroshof op aanklag van huisbraak en diefstal.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.