Twee vas oor koperdiefstal

Die Riebeek-Wes-polisie in samewerking met Swartland-wetstoepassers het Vrydag twee verdagtes wat in besit van verskeie koperkabels betrap is, vasgetrek. Hulle sou na verwagting Maandag in die Malmesbury-landdroshof op aanklag van beskadiging van kri


Die Riebeek-Wes-polisie in samewerking met Swartland-wetstoepassers het Vrydag twee verdagtes wat in besit van verskeie koperkabels betrap is, vasgetrek. Hulle sou na verwagting Maandag in die Malmesbury-landdroshof op aanklag van beskadiging van kritiese infrastruktuur verskyn.

Sers. Henry du Rand, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, sê in die laaste paar jaar is verskeie bedrywe, insluitend plaaslike regering, swaar deur koperkabeldiefstal getref.

“Die polisie sal dit nie verder duld dat hierdie misdaad voortduur nie en ons sal ons bedrywighede versterk.”

In nog ’n voorval is ’n lasbrief Vrydag by ’n berugte dwelmhuis in Riebeek-Wes uitgevoer, waar een betrokkene weens die besit van 91 pakkies tik, 18 stoppe dagga en twee pakkies dagga ter waarde van sowat R10 000 vasgetrek is. Die verdagte sou ook na verwagting gister in die plaaslike landdroshof verskyn het.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.