Twee ontsnap glo

Twee gevangenes het glo pas uit die Maximum C-tronk in Malmesbury ontsnap.



Twee gevangenes het glo pas uit die Maximum C-tronk in Malmesbury ontsnap.

Volgens onbevestigde gerugte het die voorval kort voor 12:00 gebeur en het die twee mans na bewering in die rigting van die Talana-plaas gevlug. Alle nood- en veiligheidsdienste is ontbied om die gebied af te sper op soek na die twee voortvlugtiges.

Motoriste is gewaarsku om veral op hoofroetes, soos die Durbanville/Klipheuwel- en R45 Paarl-pad, waaksaam te wees en onmiddellik die polisie te bel indien hulle moontlik die verdagtes opmerk.

Een van die voortvlugtiges het glo ‘n swart kep, swart broek en grys hemp aan; die ander een was glo nog in tronkklere toe hy ontsnap het.

Die ontsnapping volg op een in Julie verlede jaar toe 68 gevangenes uit die Medium B-tronk in Malmesbury ontsnap het. Al 68 is destyds weer aangekeer.

*Die berig sal aangepas word soos inligting ontvang en bevestig word.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.