Die Malmesbury-trompoppies, bestuur en afrigters wil spesiaal kom dankie sê aan die SAPD Moorreesburg, Kekkel en Kraai van Malmesbury, Natalie Leander, mnr. Yasir, Zchandt Lategan en Cornette Coetzee en familie, vir bydraes en skenkings aan ons junior en senior trompoppie-spanne vir splinternuwe stawe.
Ons nood was groot en u het nie een keer geskroom om te help nie.
U omgee en ope hand word opreg waardeer, en u het gewis ’n blye en dankbare glimlag op ons meisies se gesiggies geplaas.
Weer eens, baie dankie. Much Love.