Tree op teen eienaars van loslopende diere

Ek vra asseblief kan daar nie opgetree word teen die persone wie se diere langs die paaie in die Langeberg-munisipaliteit los loop nie? By party plekke is daar geen heinings wat die diere van die paaie af kan hou nie! As die diere nie gebrandmerk is met die eienaar se brandmerk op nie, moet die…


Ek vra asseblief kan daar nie opgetree word teen die persone wie se diere langs die paaie in die Langeberg-munisipaliteit los loop nie?

By party plekke is daar geen heinings wat die diere van die paaie af kan hou nie! As die diere nie gebrandmerk is met die eienaar se brandmerk op nie, moet die diere onmiddellik geskut word en die eienaar opgespoor word en alle kostes van hom verhaal word voordat die diere aan hom teruggegee word en hy moet ook ’n boete opgelê word.

Sal daar eers opgetree word nadat daar byvoorbeeld ’n skoolbus vol kinders teen die loslopende diere vasry en daar lewensverlies en/of beseerdes is?

Ek sal ook graag wil weet watter reg eienaars het om diere los te laat loop op munisipale eiendom.

Daar moet regtig nou ingesien word watter gevaar die loslopende diere vir swaar verkeer inhou wat daagliks die genoemde paaie gebruik.

Die brief is aan die Langeberg-munisipaliteit voorgelê vir kommentaar. Geen kommentaar is ontvang nie

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.