Die SA Junior Toutrek-kampioenskap vind vanjaar van 17 tot 19 Maart op die Malmesbury-skougronde plaas.
Atlete sal reeds die Donderdag inweeg.
Steak-etes sal die Donderdag- (R150) en Vrydagaand (R180) op bestelling beskikbaar wees.
Die Broers, Cobus en Christo, sal die Vrydagaand vermaak verskaf teen R100 per kaartjie. Mense wat die Vrydagaand ’n steak-ete bestel, kan die vertoning gratis geniet.
’n Kontantkroeg is albei aande vanaf 17:00 beskikbaar.
Daar sal ook hope stalletjies die Vrydag en Saterdag wees en almal is welkom.
Vir meer inligting en bestellings, skakel Bennie by 083 412 3069 of Rentia by 060 508 5144.