Toppresteerder wil ingenieur word

Marlé Janse van Rensburg van die Hoërskool Porterville is as die toppresteerder aangewys met ’n gemiddelde slaagsyfer van 88,8% en ses onderskeidings in die nasionale seniorsertifikaateksamen.


Marlé Janse van Rensburg van die Hoërskool Porterville is as die toppresteerder aangewys met ’n gemiddelde slaagsyfer van 88,8% en ses onderskeidings in die nasionale seniorsertifikaateksamen.

Sy gaan vanjaar siviele ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch studeer.

Sy beskryf haar uitslae as ’n voorreg. “Ek het hard gewerk, maar nie geweet wat om te verwag nie,” vertel sy.

Haar boodskap aan vanjaar se gr. 12-leerders is om hulself en hul doelwitte hul grootste voorkeur te maak, ongeag wat ander van hulle verwag.

“Jy weet wat jy in die lewe wil bereik. Ek het dit vir myself gedoen, met die ondersteuning van my familie.”

Sy beskryf ook ’n goeie balans tussen akademie, sport en kultuur as ’n resep vir sukses, omdat ’n blaaskans van leerwerk ook goed is vir die siel.

Haar klasmaat Carli Constance was nie ver agter haar nie, met ’n gemiddelde 87%. Sy het op haar beurt met sewe onderskeidings weggestap.

Liebe Treurnicht het ses onderskeidings in die sak gesteek en ’n gemiddelde slaagsyfer van 85,2% behaal.

Die skool se matriekklas van 2021 het ’n 98%-slaagsyfer behaal. Uit die 56 matrieks wat die eindeksamen afgelê het, het 38 A-simbole onder alle vakke behaal.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.