Toets jou kennis in gratis Bybelvasvra

Hoe goed ken jy jou Bybel?.


Hoe goed ken jy jou Bybel?

Die United in Christ Assemblies-bediening nooi belangstellendes uit na ’n Bybelvasvra.

Groepe van twee of drie sowel as individue kan aan die vasvra deelneem. Die vrae is in verskillende kategorieë opgestel: ’n Algemene Bybelvasvra, Bybelboeke, vroue van die Bybel, teksverse, huweliksmaats in die Bybel, drome en gesigte in die Bybel en baie meer. Die vrae sal ook onder verskeie indelings gevra word, soos flink dink sowel as tydgebonde, waar deelnemers getoets word op die hoeveelheid vrae wat hulle in twee minute kan antwoord.

Alle vrae kom uit die 1933-vertaling van die Bybel. Deelnemers word gevra om hul eie Bybel saam te bring.

Geestelike boeke word as pryse toegeken.

Die geleentheid word Saterdag 5 Februarie om 14:00 by die Bethesda Evangeliese kerk op die hoek van Stork- en Arendsestraat in Strand gehou.

Toegang en deelname is gratis. Bel pastoor Martin Thomas by 082 533 8007 of kontak pastoor Colin Evans (via oproep of WhatsApp-boodskap) by 072 188 0365 vir nog inligting of ander navrae.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.