Die Botaniese Vereniging van Suid-Afrika (Botanical Society of South Africa / BotSoc) en die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteits-instituut (Sanbi) het die afgelope Vrydag (28 Februarie) die onthulling van nuwe bewaringstekens by die Tienie Versfeld Wildflower-reservaat gevier. Hierdie mylpaal kom presies 22 jaar en een maand ná die stigtingsvergadering van die Weskus-tak van BotSoc en is ’n belangrike stap om bewustheid oor die reservaat se ryk geskiedenis en ekologiese belangrikheid te bevorder. Die reservaat is in 1957 deur Oom Tienie Versfeld aan Sanbi geskenk en beskerm ’n klein, maar noodsaaklike stukkie van die kritiek bedreigde Swartland-Graniet-Renosterveld, die tuiste van talle skaars en endemiese plantspesies. Die doel van die inligtingsborde is om besoekers oor hierdie brose ekostelsel in te lig, wat dit so uniek maak en waarom dit noodsaaklik is om dit te bewaar.
Ná die onthulling het die gaste, onder wie familie en vriende, verteenwoordigers van BotSoc se hoofkantoor, die Weskus-tak en die Darling Wildflower Vereniging by !Khwa?ttu byeengekom. Hier het gesprekke oor die toekomstige bestuur en beskerming van die reservaat plaasgevind, wat ’n gedeelde toewyding aan die bewaring van die streek se biodiversiteit weerspieël.