Tien mense het ligte beserings opgedoen toe hulle by ‘n laerskool-atletiekdag deur bye aangeval is. Die swerm bye het na bewering oor die toeskouers gevlieg nadat dit vermoedelik uit ‘n naby boom verwilder is.
Gazette verneem dit was ‘n atletiekdag van St. Thomas Primêre Skool wat by die nuwe velde agter Liebenberg Primêr gehou is. Volgens Deanna February, EMS-woordvoerder is ‘n reddingsvoertuig en drie ambulanse omstreeks 10:39 na die sportgronde ontbied. Twee van die tien pasiënte is na ‘n plaaslike hospitaal vir behandeling geneem.