Swaar vonisse vir misdadigers

Die veediefstaleenheid in Malmesbury het onlangs twee goeie vonnisse verseker.


Die veediefstaleenheid in Malmesbury het onlangs twee goeie vonnisse verseker.

In die eerste saak is die Zimbabwiër Benson Ndlovu op drie aanklagte – twee ingevolge die natuurbewarings­verordening en een ingevolge die immigrasiewet – skuldig bevind en gevonnis nadat hy vroeër vanjaar in ’n lokval vasgetrek is.

Ndlovu is op 27 Junie op die R45 tussen Paarl en Malmesbury in ’n operasie ingevolge Artikel 252A van die strafhandelingsprosesaangekeer toe lede van die veediefstaleenheid en eenheid vir bedreigde spesies vir hom ’n lokval gestel het waar ’n ietermagôvel vir R94 000 aangekoop is. Nadat die transaksie voltooi is, sonder enige geld, is Ndlovu in hegtenis geneem.

Hy is aangekla van die jag of besit van ’n bedreigde wilde dier sonder ’n permit ingevolge Artikel 26 van die Natuurbewarings­verordening 19/1979asook ’n klag van handel in karkasse van ’n bedreigde wilde dier sonder ’n permit ingevolge Artikel 44 van die natuurbewarings­verordening 19/1979.

Die derde klag hou verband met die Immigrasiewet van 2002 omdat hy ’n onwettige immigrant is.

Hy is op 5 November op al drie aanklagte skuldig bevind en as volg gevonnis: Aanklag 1: ses jaar tronkstraf waarvan twee jaar vir vyf jaar opgeskort is; vier jaar effektiewe tronkstraf, aanklag 2: twee jaar tronkstraf, en aanklag 3: R1 500 of drie maande tronkstraf opgeskort vir drie jaar met voorwaardes. AO Rudi Lourens het die saak ondersoek.

In ’n nog saak is Nontsele Mongameli van Mbekweni in November verlede jaar op pad na ’n beesveiling in Gouda in hegtenis geneem nadat hy in besit van gesteelde beeste betrap is wat hy op die veiling wou gaan verkoop.

Dit was glo die tweede keer dat hy met die gesteelde beeste gevang is. Hy is op aanklag van veediefstal skuldig bevind en agt jaar tronkstraf opgelê waarvan drie jaar vir vyf jaar opgeskort is (vyf jaar effektiewe tronkstraf). Die ondersoekbeampte was sers. Donny Ngoma.

Die veediefstaleenheid wat al pryse gewen het, dek 33 polisiekantore, onder andere die Paarl, en strek van Philadelphia, al langs die N7 tot by die Noord-Kaapse grens.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.