Die groep studente van die Universiteit van Stenden by die rampbestuursentrum.

MOORREESBURG – ’n Groep rampbestuurstudente van die Universiteit van Stenden, ’n Nederlandse instansie, met ’n tak in Port Alfred, het onlangs die rampbestuursentrum op Moorreesburg besoek.

Die kursus in rampbestuur is ’n vier jaar lange kursus en verskaf opleiding oor die bestuur van hulpleniging tydens rampe.

Die groep toer op die oomblik deur die Wes-Kaap om praktiese kennis op te doen oor rampbestuur.

Die groep, onder leiding van hulle dosent, Pieter Smit, sê dit is die tweede jaar dat die kursus op hul kampus aangebied word.

Die studente is afkomstig uit Zimbabwe, die Maledives, Kenia, Burkino-Faso en Suid-Afrika

You need to be Logged In to leave a comment.