Straatjaers vasgevat

Twee motorbestuurders wat glo ’n groot lawaai gemaak en resies in die strate gejaag het, is deur die Darling-polisie in hegtenis geneem.


Twee motorbestuurders wat glo ’n groot lawaai gemaak en resies in die strate gejaag het, is deur die Darling-polisie in hegtenis geneem.

Volgens sers. Johnatan Filander, woordvoerder van Darling-polisie, het inwoners op Facebook gal gebraak ná motoriste glo oor die naweek resies in ’n woongebied gehou het.

Die motorbestuurders het ook glo ’n groot lawaai gemaak deur “hul enjins aanhoudend te ‘rev’,” het Filander verduidelik.

Filander sê die polisie het verskeie klagtes ontvang, waarna die eienaar van ’n wit Honda-motor, asook die eienaar van ’n blou Honda-motor op aanklag van nalatige bestuur en rusverstoring in hegtenis geneem is.

Die twee mans, wat albei in hulle twintigerjare is, sal eersdaags in die hof verskyn

Die polisie doen ’n beroep op die gemeenskap om “sulke elemente dadelik te rapporteer”, het Filander gesê.

“Die polisie sal alle klagtes met die nodige vertroulikheid hanteer.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.