Stem nou vir gunsteling

Vanjaar bars die kompetisie vir Malmesbury se beste diensverskaffer behoorlik uit sy nate. Met 20 finaliste in drie van die vier afdelings, gaan dit behoorlik kopkrap en mooi dink vra voordat Malmesbury se mense op 27 November hoor wie is die wenners in elk van die kategorieë.


Vanjaar bars die
kompetisie vir Malmesbury se beste diensverskaffer behoorlik uit sy nate. Met
20 finaliste in drie van die vier afdelings, gaan dit behoorlik kopkrap en mooi
dink vra voordat Malmesbury se mense op 27 November hoor wie is die wenners in
elk van die kategorieë.

Die
nominasieproses is vanjaar flink ondersteun, vandaar die groot getal finaliste
in die afdelings vir groot, medium en klein besighede. Die kategorie vir die
persoon wat volgens inwoners uitstaande diens lewer en gereeld die ekstra myl
stap om kliënte te help, het ook 20 nominasies gelok.

Om vir jou
gunsteling diensverskaffer te stem, besoek www.sakekamer.co.za/diens-stemming. Die hele
stemproses is maklik en kan minder as 5 minute duur.

Laat jou stem
hoor – stem voor 21 November om 18:00.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.