Christiaan Bester, 10 km-stapatleet van Malmesbury, is een van slegs ses atlete wat gekies is om Suid-Afrika by Wêreld-atletiek se stapresieskampioenskappe te verteenwoordig. Christiaan, ’n graad 11-leerder aan Hoërskool Swartland is saam met Janice Nell (Noordwes) die enigste o.20-deelnemers vir die SA-span. Albei sal op 4 Maart in aksie wees. Die byeenkoms vind in Muscat, Oman plaas.