
De Malle Meul bied ’n Sondag- buffet, in samewerking met Benitha en Hein van Two Food Fundies, van 12:00 tot 15:00. The Two Fundies werk graag met vars produkte en maak klassieke kos met ’n kontemporêre aanslag.
Die buffet kos R180 per persoon en sluit klassieke geregte soos kerrie-afval, bobotie, lamsboud en hoenderpastei in (kinders onder 12 jaar is R90 en onder vier jaar eet gratis).
Die buffet De Malle Meul is ten volle gelisensieerd, maar sluit ’n kurkfooi van R30 per bottel in indien jy jou eie wyn verkies.
Kredietkaarte is welkom. Besprekings is noodsaaklik