Soektog duur steeds voort

Juneal Jacobs word steeds deur lede van Korrektiewe Dienste, die plaaslike polisie en wetstoepassingsagentskappe gesoek nadat hy en twee ander gevangene vroeër vandeesmaand (op 13 April) uit die Maksimum A-gevangenis in Malmesbury ontsnap het.

Jacobs is ’n verhoorafwagtende gevangene wat teregstaan op aanklag van moord. Hy en twee ander gevangenes het omstreeks agtuur die aand uit dié deel van die gevangenis ontsnap nadat hulle toegang tot die deur en later tot die gebou se dak verkry het, lui ’n verklaring.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder vir die Departement van Korrektiewe Dienste, het Maandagoggend bevestig geen nuwe inligting het nog na vore gekom oor waar Jacobs kan wees nie. Hy is in hierdie stadium steeds op vrye voet.

Volgens sers. Henry du Randt, ’n woordvoerder vir die Malmesbury-polisie, word leidrade gedurig oor waar Jacobs is, steeds opgevolg. “Die polisie volg alle inligting wat deurgegee word, op,” het hy die publiek verseker.

Nxumalo sê die ondersoek rakende die ontsnapping duur steeds voort.

Hy kon egter nie bevestig of die elektriese heining by die gevangenis wel stukkend was tydens die ontsnapping nie. “Sodra die ondersoek afgehandel is, sal ons alle inligting met die publiek deel.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.