Snoekie, die Bolandse honde-eenheid se bekendste dwelmhond, het oor die naweek in Robertson kom werk.
Die eenheid het Saterdag met ’n lasbrief op ’n huis in Truterstraat toegeslaan, en Snoekie het tik ter waarde van R8 000 uitgesnuffel.
Volgens die polisie is ’n 44-jarige verdagte in hegtenis geneem, en het hy gister (Maandag) in die hof in Worcester verskyn.