Skryf nou in vir Paarl-fietstoer

Die Faurestraat-stadion in die Paarl speel op 4 Desember vanjaar gasheer vir die langverwagte Netwerk 24- Paarl-fietstoer, met trots aangebied deur De Villiers National Cycling, die Drakenstein-munisipaliteit en Netwerk 24.

Inskrywings is nou oop op die webblad www.cycleevents.co.za. Die ren word gesteun deur Drakenstein-verkeersdepartement sowel as Drakenstein se nooddienste wat na die veiligheid van fietsryers omsien.

Die Faurestraat-stadion is in die hartjie van die Paarl en net 2 km van die N1-snelweg van die Van Riebeeck-afrit in die Paarl, wat dit baie toeganklik maak.

Deelnemers kan tussen twee afstande kies, 105 km (R490) of 45 km (R370). Die 105 km roete is binne bereik van die meeste gereelde fietsryers en die 45 km is ’n lekker prettrap wat haalbaar is vir die meeste fietsryers.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.