Die gewilde SPAR-vroue-uitdaging is Saterdag 30 Maart terug by Groenpunt in Kaapstad en beloof weer ’n onvergeetlike dag van gemeenskap, fiksheid en vroue-bemagtiging.
Hierdie vlagskipgeleentheid op die Moederstad se hardloopkalender bied drie afdelings: ’n 10-km-wedloop, 10-km-stap en ’n 5-km-pretdraf / stap, wat voorsiening maak vir deelnemers van alle fiksheidsvlakke.
Die oggend begin met die 10-km-wedloop om 07:00, gevolg deur die 10-km-stap om 07:15 en die 5-km-pretdraf / stap om 07:40.
Die SPAR-vroue-uitdaging-reeks, wat deur die jaar in verskeie Suid-Afrikaanse stede plaasvind, het sinoniem geword met die bevordering van vroue se gesondheid, fiksheid en gemeenskapsbetrokkenheid. Die Kaapse skof lok tradisioneel duisende deelnemers – van ernstige hardlopers tot gesinne wat ’n oggend se aktiwiteit saam geniet. Die organiseerders het ’n kapasiteitsbeper- king van 16 000 deelnemers aangekondig, wat beteken voornemende deelnemers moet vroegtydig inskryf om ’n plek te verseker. Wedloopnommers kan oor twee dae (28 en 29 Maart) by Sportsmans Warehouse-takke afgehaal word.
• Besoek www.spar.run om in te skryf. Deelnemers word aangemoedig om vroeg te registreer om teleurstelling te vermy, aangesien die geleentheid in vorige jare telkens volle kapasiteit bereik het.