Skop die nuwe jaar só reg af

Hoe klim ek terug op die Gesonde Fiks-bus as ek na ’n lang stresvolle jaar en Desember-vakansie afgeval het?.


Hoe klim ek terug op die Gesonde Fiks-bus as ek na ’n lang stresvolle jaar en Desember-vakansie afgeval het?

1. Begin een dag op ’n slag met klein veranderinge. Fokus aan die einde van die dag op die POSITIEWE! Niemand het nog OOIT besluit om die Comrades Saterdag te hardloop en die Vrydag eers begin oefen nie.

2. Begin met ’n bereikbare korttermyn- sowel as langtermyn-doelwit. Begin oplossings kry vir wat kan gebeur voordat dit gebeur, soos as jy nie vyf dae per week kan gaan stap nie, beplan jou tyd so dat jy drie keer kan gaan stap.

3. Begin BEWUSTELIK eet en drink – dink wat en wanneer jy eet; drink water, water, water – bly gehidreer.

4. Hou ’n kos-dagboek. Ons is net meer bewus van wat ons eet en drink as ons dit neerskryf.

5. Wees bewus van jou porsie-grootte – 12 amandels is ’n peusel-happie, nie 36 nie.

6. Begin beplan: Dis makliker om gesond te eet as jou beplanning reg is. As jy ’n soettand het, moenie ’n lekkerlaai aanhou nie.

7. Beweeg – 30 minute stap is beter as om niks te doen nie.

8. As jy kan, kry ’n persoonlike afrigter om jou met ’n oefen-program te help en jou te ondersteun.

9. Alleen oefen is nie altyd maklik nie – kry ’n vriend of vriendin sodat julle dit saam kan geniet, terwyl julle ook mekaar se doelwitte ondersteun.

10. Moenie alles in een dag probeer doen nie, moenie 21 km in die berg gaan hardloop as jy nog nooit gehardloop het nie. Begin by die begin en moet nooit rus onderskat nie…. kry genoeg slaap.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.