Die departement van basiese onderwys het gister die datums bekend gemaak van wanneer leerders in die verskillende provinsies terugkeer skool toe.
Leerlinge in die binneland – Gauteng, die Vrystaat, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes – sal op 12 Januarie vir onderrig aanmeld.
Leerlinge in die kusgebiede – die Oos-Kaap, Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en die Noord-Kaap – sal ’n week later, op 19 Januarie, in die skoolbanke inskuif.
Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement, sê die verskillende aanvangsdatums is om mense te akkommodeer wat in die vakansie gereis het.
Só lyk die skoolkwartale vir die jaar:
Binneland
. Eerste kwartaal: 12 Januarie tot 17 Maart;. Tweede kwartaal: 5 April tot 24 Junie;. Derde kwartaal: 19 Julie tot 30 September; en. Vierde kwartaal: 11 Oktober tot 14 Desember.
Kusgebiede
. Eerste kwartaal: 19 Januarie tot 25 Maart;. Tweede kwartaal: 5 April tot 24 Junie;. Derde kwartaal: 19 Julie tot 30 September; en. Vierde kwartaal: 11 Oktober tot 14 Desember.