Die pragtige Oyintanda Lutshete (11) en Pantshwa Zimvo (11) kom van Porterville.
Foto’s: lizette smit

RIEBEEK-KASTEEL – Die ACVV-saal het Vrydagaand behoorlik uit sy nate gebars met die kroning van die nuwe Butterfly-skoonhede.

Melindi Charle, die stigter van die Butterfly-projek, het vanjaar besluit om ’n hele “weermag” meisies en een Charle’s Angel te kroon uit die tientalle inskrywings wat van sover soos die Strand, Saldanha, Porterville en Wellington ontvang is.

Melindi noem die manlike Butter­flies, Charle’s Angels, na hulle te kenne gegee het dat die Butterfly-titel glo te “vroulik” is.

Die voorvereiste vir iemand wat as Butterfly gekroon word, is ’n groot hart vir diere en mense omdat die Butterfly-projek ’n liefdadigheidsorganisasie is.

Die Butterflies wat enigsins gedink het hulle hoef net te glimlag en mooi te lyk, het Vrydagaand gou gesien dat dit nie die geval is nie. Daar is van hulle verwag om die bejaardes van die ACVV-sorgsentrum met koek en tee te bedien, waarna hulle in hul aandrokke gekroon is

You need to be Logged In to leave a comment.