Skikking ná afdanking bereik

Die Boland-rugbyunie het ’n skikking met sy voormalige afrigter, Randall Modiba, bereik nadat hy hulle by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verkla het omdat hy onregmatig afgedank is.

Modiba en die BRU het die skikkingsooreenkoms kort voor Kersfees aangegaan nadat die vakbond Sports Employees Unite (SEU) sy afdanking teengestaan het.

Modiba het aangevoer dat hy eers vir ’n termyn van twee jaar aangestel was vir die tydperk van 2017 en 2018, maar dat dit in Januarie verleng is met ’n bykomende 34 maande tot Oktober 2021.

Modiba het in Desember 2020 met Boland se voormalige president, Ivan Pekeur, ooreengekom dat sy kontrak vir twee jaar verleng sou word. Hy beskou die ooreenkoms as bindend, al het Pekeur in Januarie verlede jaar aan Covid-19 gesterf. Modiba het aangegaan met sy pligte en was besig om weer vir ’n kontrak te onderhandel toe hy summier afgedank is.

Volgens Piet Heymans, uitvoerende hoof van SEU, is hulle tevrede met die skikking. Hy wou niks meer sê nie omdat die skikking vertroulik is.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.