Die Porterville-gholfklub se klubkampioenskap het Saterdag 2 April plaasgevind, waar byna 40 spelers om 36 putjies in hul onderskeie afdelings meegeding het. Shaun-lee Don, ’n gr. 6-leerder van die Hoërskool Porterville, het deelgeneem en uitstekend gevaar. Don was die naaswenner in die A-afdeling (Netto), waar hy saam met senior spelers deelgeneem het. Hy is ook as junior wenner van die dag aangewys.


Shaun-lee het ’n blink toekoms

You need to be Logged In to leave a comment.