Wesbank-rugbyklub maak gereed vir die gewilde jaarlikse SuperSPAR Malmesbury Wesbank Sevens wat vanjaar uiteindelik weer kan plaasvind nadat dit verlede jaar weens Covid-19-beperkings afgestel moes word.
Die toernooi vind Saterdag 29 Januarie by Wesbank-rugbyklub se sportterrein in Alfastraat plaas.
Nog spanne soos Helderberg, Strand, Evergreens, Mamre, Hamlets, Kylemore en Young Hearts het ook hul plekke bevestig asook die Pretoria Harlequins, naaswenners van die laaste sewestoernooi wat weer na Malmesbury sal reis.
Die deelnemende spanne moes egter vanjaar weens Covid-19 van meer as 50 na 24 spanne verminder word en die toernooi sal slegs oor een dag plaasvind en nie oor twee dae soos in die verlede nie.