Ses klubs durf oefen-liga aan

Die eerste ronde wedstryde in die vriendskaplike liga tussen rugbyklubs in die Helderberg het die naweek van Vrydag 18 tot Sondag 20 Februarie groot opwinding in die Kom opgelewer.


Die eerste ronde wedstryde in die vriendskaplike liga tussen rugbyklubs in die Helderberg het die naweek van Vrydag 18 tot Sondag 20 Februarie groot opwinding in die Kom opgelewer.

Die liga is deur die uitvoerende komitees van ses plaaslike klubs van stapel gestuur, met die doel om klubrugby in die streek te bevorder, die ses klubs ’n finansiële hupstoot te bied en spelers wat weens die Covid-19-pandemie baie min wedstrydtyd geniet het, tyd op die veld te gee voordat die ligawedstryde amptelik in April afskop.

Die ses deelnemende klubs is Strand, Strand United, St. Georges, Sir Lowrians, Macassar en All Saints.

Voorverlede Saterdag (19 Februarie) se rugby-aksie op die Helderzicht-sportterrein het begin met drie spanne van All Saints en Macassar wat mekaar die stryd aangesê het. Die Saints-manne het hul teenstanders in ’n aksiebelaaide kragmeting van die klubs se eerste spanne die knie met 20-14 laat buig.

Dié foto’s wys die aksie in die kragmeting.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.